|
Dit is tog merkwaardig dat twee volke,
die Vlaamse volk en die Boerevolk, wat as gevolg van
tyd en afstand in groot mate van mekaar weggedryf het,
tog skielik weer merk dat hulle eintlik één
is en steeds dieselfde gedagterigting volg.
Die Boerevolk kan homself ten volle
vereenselwig met die IJzerwakemanifes: Selfbestuur -
Nooit meer oorlog - Godsvrede.
Dit is uiteindelik wat elke vredeliewende
volk wil hê: die reg om sy eie sake te bestuur
en beheer, om sy eie kultuur uit te leef, sy eie helde
te vereer, maar selfs uiteindelik ook om sy eie misdadigers
te straf volgens sy eie regspleging.
Net so opmerklik is die gelyklopende
tendense in Vlaandere en Suid-Afrika. Hoe veel male
moes ons nie ook aanskou hoedat mense ter wille van
politieke gewin, opportunisme of doodgewone kruipery
voor die vyand, sy eie volksbates verkwansel en vervreem.
Net soos die tradisionele IJzerbedevaartkomitee van
sy weë afgewyk het, gebeur dieselfde in Suid-Afrika.
Wij hebben dagelijks een strijd om ons Voortrekkermonument
gereinigd te houden van popfestivals. Bij Bloedrivier
wordt er weer een strijd gestreden om ook daar het nieuwe
verraad en verloederingsproces tegen te gaan. Ook wij
ondervinden dat het niet gemakkelijk is een bestaand
comité te overtuigen of zelf over te nemen.
En soms is het juist goed eens iets
nieuws aan te pakken. Men hoeft niet te huiveren om
als een volksverdeler uitgescholden te worden, want
een kunstmatige eenheid kan op de lange duur niet slagen
en heeft een grotere verdeeldheid reeds ingebouwd.
Soms is het nodig iets nieuws te beginnen
om nieuwe gedachten te stimuleren, om jong bloed bij
te krijgen en een nieuwe dynamische actie van stapel
te sturen.
Die patroon wat ons in Suid-Afrika
beleef en wat ons in Vlaandere waarneem, is so dieselfde.
Maar een ding staan vas oor die hele wêreld heen:
volksnasionalisme is in opmars. Volksnasionalisme kan
nie gesmoor, geignoreer of gestuit word nie. Dit is
net jammer dat die wêreld nog nie kan besef dat
volksnasionalisme uiteindelik die oplossing is vir alle
geweld, oorloë of ander vorme vir konflik nie.
Nasionalisme is 'n brandende liefde vir die eie, maar
met 'n besondere respek vir die ander, solank die ander
my ook insgelyks respekteer.
Daarom kan die versugtinge van die
IJzerstryders, naamlik "Nooit meer oorlog -
Godsvrede" slegs realiseer in 'n situasie van
selfbestuur, van volksonafhanklikheid.
Ongelukkig schijnt het te zijn dat
Godsvrede en Nooit meer Oorlog niet zo gemakkelijk te
behalen zijn. Zolang er nog Franse, Amerikaanse, Engelse
en ANC-imperialisten op de wereld zijn, lijkt de gewenste
Godsvrede nog ver in het verschiet en zullen er nog
oorlogen komen. Zolang onze feesten gekaapt worden door
meelopers van het internationalisme moet er een strijd
gestreden worden. Zolang er ergens kleine jongens zijn
die niets anders te doen hebben dan Pretoria te veranderen
naar 'Tshwane', van Warmbad 'Bela-ela' maken en die
goeie ou Transvaal 'Gauteng' gaan noemen, is er een
strijd te strijden. En zolang men voort gaat om boeren
op het platteland op de gruwelijkste denkbare wijzen
te vermoorden (er zijn nu al bijna 1.500 boeren in Zuid-Afrika
vermoord sinds 1994!), klinkt zelfs de verzuchting naar
nooit meer oorlog naar iets onhaalbaars. Trouwens, wij
zijn in een staat van oorlog die onze vijand op ons
afdwingt.
Geen oorlog duurt eeuwig. Na de strijd
volgt de vrede, maar pas na de strijd! Ons Boerevegters
het vrede gehad na die Slag van Majuba, waar die Engelse
verpletterend verslaan is en ons selfbestuur herstel
is. Ons herdenk tans Majuba jaarliks soos u die Slag
by die IJzer herdenk, en as u ooit 'n besoek aan Suid-Afrika
oorweeg, laat dit saamval met die laaste naweek in Februarie
om die Majubafees by te woon.
Na die Tweede Vryheidsoorlog se stryd
en vernedering, toe 4.000 man op die slagveld gesneuwel
het en 27.000 vroue en kinders in konsentrasiekampe
vermoor is, het daar 'n tydperk van vrede aangebreek,
juis omdat daar selfbestuur was. Maar as daardie selfbestuur,
waarvoor u en my voorouers geveg het, in gevaar gestel
word, mag ons nie terugdeins vir die stryd wat daarop
mag volg nie. Al sou dit beteken dat ons die era van
Godsvrede moet onderbreek!
Ons hoop dat die nuwe inisiatief van
hierdie byeenkoms, wat spruit uit 'n daad van verset
teen die oue, hoe teenstrydig dit ook mag klink, sal
lei tot dit waarvoor die IJzerstryders ook geveg het:
"Zelfbestuur - Nooit meer oorlog - Godsvrede".
Die oorblyfsel van die Bittereinders
van die Boerevolk steun u hierin, en ons sal graag weer
hier wil besoek aflê. Ons hoop dat hierdie byeenkoms
en dit wat mag volg in volgende jare, inderdaad 'n bousteen
mag wees in 'n uiteindelik vrye en onafhanklike Vlaandere,
regeer deur nasionalistiese Vlaminge.
En
mag u inisiatief om ons vanaf Suid-Afrika te nooi om
hierdie nuwe geboorte meet te maak, ook help dat ons
as volksnasionaliste van verskillende volke oor grense
heen nouer kan saamwerk om van mekaar te leer, te bemoedig
en te ondersteun.
Houzee!
Henk Van de Graaff
|